4U2Cook

Posted by: 4U2Cookin
7
May

This Recipe site brings South Africa traditional style Cooking into your home. It is not only in English but some traditional Afrikaans Recipes is written in Afrikaans.  Recipes are only to be used by the people who have paid subscriptions. Spice up your life for a few dollars.

Your monthly contribution is purely to keep the machine oiled and the site going.

Die Afrikaanse resepte is eg Afrikaans en is bedoel om die heimwee terrug te sit in kook. Dit is respete wat jare lank al die rondte doen tussen moeder en dogter en vriend en vriendinne. Die Respte mag nie versprei of uit geruil word nie. Die Respete mag nie verkoop word nie.

Julle Maandlikse bydrae is bloot om die pot aan die kook te hou sodat die resepte gedeel kan word met julle.

Malvapoeding

2 koppie meelblom
1 teelepel hoogvol bakpoeier
1 koppie melk
1 koppie suiker
1 eetlepel botter (margarien)
1 eier
½ teelepel sout
1 teelepel koeksoda opgelos in 1 eetlepel asyn
1 eetlepel appelkooskonfyt
Metode:
Room botter en suiker. Voeg geklopte eier by en klop goed. Voeg asyn en koeksoda en appelkooskonfyt by. Roer gesifte meelblom, bakpoeier, sout en melk om die beurt by. Bak teen 180° tot gaar. Gooi die volgende sous oor en bak vir 10 minute langer.
Sous
1 koppie room
½ koppie botter (margarien)
1 koppie suiker
½ koppie kookwater
1 teelepel geursel (vanielje of karamel)
Kook alles saam (baie stadig) vir 3 min

Die Malvapoeding Resep [Mikrogolf]

Sous: 50ml water, 125ml melk, 60ml botter, 60ml suiker, 2ml vanilla

Sous: mikrogolf water tot kookpunt, voeg res van bestandele by, mikrogolf nog minuut, hou eenkant.

Deeg: 1 eier,  25ml appelkooskonfyt, 5ml bakpoeier, 5ml koeksoda, 125ml koekmeel, 125ml suiker, 250ml melk, 2ml sout

Deeg: meng eiers en suiker goed, voeg konfyt by en roer.
Sif meel, bakpoeier en sout bo-oor, meng goed.
Los koeksoda in melk op, voeg by meelmengsel en meng tot ‘n slap deeg.
Mikrogolf vir 7min op hoog of tot gaar. (dubbel beslag vat so 12 tot 14min )
Gooi sous bo-oor en laat staan so bietjie.